Joeri Dolgoroeki | |
---|---|
Grootprins van Kiëf | |
Periode | September 1149 tot April 1151 Maart 1155 tot Mei 1157 |
Voorganger | Isjaslaf II |
Opvolger | Isjaslaf III (Kiëf) Andrei Bogoljoebski (Rostof en Soezdal) |
Huis | Rjoerik |
Eggenote | Dogter van khan Aepa Ocenevich Helena |
Kinders | Andrei Bogoljoebski, Gleb van Kiëf, Michail van Wladimir, Wsewolod die Groot Nes e.a. |
Vader | Wladimir Monomach |
Gebore | c. 1099 |
Oorlede | 15 Mei 1157 |
Joeri Dolgoroeki (Russies: Юрий Долгорукий; "Joeri die Langarm" - 'n verwysing na sy reputasie as onverskrokke en soms genadelose ryksbouer[1]; omstreeks 1099–15 Mei 1157) was die stigter van Moskou en ’n belangrike figuur in die oorgang van politieke mag van Kiëf na Wladimir-Soezdal ná die dood van sy ouer broer, Mstislaf die Grote. Hy het van September 1149 tot April 1151 en weer van Maart 1155 tot Mei 1157 as grootprins van Kiëf regeer.