Johan die Blinde | |
---|---|
Koning van Boheme Graaf van Luxemburg | |
Die huwelik van Johan van Luxemburg met Elisabeth van Boheme in Speyer in 1310
| |
Vorstehuis | Huis van Luxemburg |
Titel | Koning van Boheme |
Regeer | 1310 – 1346 |
Kroning | 7 Februarie 1311, Praag[1] |
Voorganger | Hendrik van Boheme |
Opvolger | Karel IV |
Titel | Graaf van Luxemburg |
Regeer | 1313 – 1346 |
Voorganger | Hendrik VII |
Opvolger | Karel IV |
Eggenote | Elizabeth van Boheme Beatrice de Bourbon |
Kinders | Margaret Bonne Karel Johan Hendrik Anna Wenceslaus I |
Gebore | 10 Augustus 1296; Luxemburg |
Oorlede | 26 Augustus 1346; naby Crécy-en-Ponthieu |
Begrawe | Klooster Altmünster, Luxemburg |
Vader | Hendrik VII |
Moeder | Margaret van Brabant |
Johan die Blinde van Luxemburg (Frans: Jean l'Aveugle de Luxembourg, Tsjeggies: Jan Lucemburský, 1296-1346) was die seun van keiser Hendrik VII. Hy het Luxemburg en Boheme beërwe, maar nie die Duitse troon nie. Hy het as Boheemse koning regeer van 1310 tot 1346 en het Silesië in die periode 1327-1330 verower. Johan was 'n groot vriend van Frankryk en het gereeld by die Franse hof vertoef. Ondanks sy blindheid het hy saam met die Franse in die slag van Crécy-en-Ponthieu geveg, waar hy ook sneuwel. Sy seun Karel IV van Luxemburg (1316-1378) het Roomse koning geword, asook koning van Boheme en Boergondië, en Duitse keiser.