Johan Kriek

Johan Kriek
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Woonplek Palm Beach Gardens, Florida
Geboortedatum 5 April 1958 (1958-04-05) (66 jaar oud)
Geboorteplek Pongola, Suid-Afrika
Lengte 1,75 m
Kollege Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Begin professioneel 1978
Afgetree 1994
Spelstyl Regshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $2 383 794
Enkelspel
Loopbaanrekord 374–222
Loopbaantitels 14
Hoogste rang No. 7 (10 September 1984)
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (1981, 1982)
Franse Ope HE (1986)
Wimbledon KE (1981, 1982)
VSA-Ope HE (1980)
Groot toernooie
Toereindronde KE (1982, 1983, 1984, 1985)
WTA-kampioenskap E (1981)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 206–173
Loopbaantitels 8
Hoogste rang No. 12 (15 Augustus 1988)
Laaste opgedateer op: 23 Oktober 2012.

Johan Kriek is 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler wat twee keer die Australiese Ope-enkelspel gewen het.

Kriek is op 5 April 1958 in Pongola gebore en het in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer. Hy het na Napels, Florida in die VSA verhuis nadat hy in 1978 'n professionele tennisspeler geword het. In sy loopbaan het hy twee keer 'n Grand Slam-enkelspeltitel gewen deur die Australiese Ope in 1981 en 1982 te wen. Hy het veertien enkelspel- en agt dubbelspeltitels gewen. Kriek het in Augustus 1982 'n Amerikaanse burger geword.[1]

In 1981 het hy die Amerikaner Steve Denton in vier stelle 6-2, 7-6, 6-7 en 6-4 geklop en so die Australiese Ope-enkelspelkampioen geword. Hy het Denton in 1982 weer geklop, dié keer in drie stelle, 6-3, 6-3 en 6-2 om die Ope-titel.

  1. "Kriek Tops Gullikson" (in Engels). The New York Times. 20 Junie 1983. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 Junie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne