Johann Strauss II | |
---|---|
Gebore | Johann Baptist Strauss 25 Oktober 1825 |
Sterf | 3 Junie 1899 Wene, Oostenryk-Hongarye |
Beroep | Komponis |
Eggenoot | Henrietta Treffz (1862–1878), Angelika Dittrich |
Johann Strauss II (gebore Johann Baptist Strauss; 25 Oktober 1825 – 3 Junie 1899), ook bekend as Johann Strauss jr., die Jonger, die Seun (Duits: Sohn), was 'n Oostenrykse komponis van ligte musiek, vernaam dansmusiek en operette. Hy het meer as 500 walse, polkas, kwadrilles, en ander soorte dansmusiek sowel as verskeie operettes en 'n ballet geskryf. Gedurende sy leeftyd het hy bekendgestaan as "Die Walskoning". Hy was grootliks verantwoordelik vir die popularisasie van die wals in Wene in die 19de eeu. Van Johann Strauss se bekendste werke is die "Blou Donau", die "Keiser Wals", "Verhale uit die Weense Woude" en die "Tritsch-Tratsch-Polka". Van sy operettes is Die Fledermaus en Der Zigeunerbaron veral bekend.
Strauss was die seun van Johann Strauss sr. en sy eerste vrou Maria Anna Streim. Sy twee jonger broers, Josef en Eduard Strauss, was ook komponiste van ligte musiek, alhoewel hulle nie so bekend soos hulle broer geword het nie.