Johann Strauss I

Johann Strauss I, 1835 litograaf deur Josef Kriehuber

Johann Strauss I (Duits: Johann Baptist Strauß, Johann Strauss (Vater); ook Johann Baptist Strauss, Johann Strauss Sr., die Ouere, die Vader; 14 Maart 1804 - 25 September 1849) was 'n Oostenrykse Romantiese komponis. Hy is bekend vir sy walse en het die genre gepopulariseer saam met Joseph Lanner; sodoende het hy die weg voorberei vir sy seuns om sy musikale dinastie voort te sit. Hy is veral bekend vir die komponeer van die Radetzky-mars (vernoem na Joseph Radetzky von Radetz).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne