Ds. J. Beijer | |
![]() | |
Ds. Johannes Beijer
| |
Naam | Johannes Beijer |
---|---|
Geboorte | 26 Junie 1822 Groningen, Nederland, |
Sterfte | 1 Maart 1876 (op 53) Rotterdam, Nederland |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Dokkum, 1849–1852 Heerenveen, 1852 Leeuwaarden, 1852–1861 Reddersburg 1862–1869 |
Jare aktief | 1862–1869 (in Suid-Afrika) |
Ds. Johannes Beijer (Groningen, Nederland, 26 Junie 1822 – Rotterdam, Nederland, 1 Maart 1876) was, naas ds. Dirk Postma, die tweede predikant wat diens gedoen het in die Gereformeerde Kerk. Weens swak gesondheid is hy in 1869 terug na Nederland, waar hy in 1873 van sy amp onthef is weens sy onvermoë om sy huis te bestuur na aanleiding van sy tweede vrou se swak gedrag.