John Buchan

John Buchan
Gebore26 Augustus 1875
Sterf11 Februarie 1940
NasionaliteitVlag van Skotland Skotland
BeroepSkrywer, geskiedkundige, politikus
Politieke partyUnioniste (Verenigde Koninkryk)

John Buchan (26 Augustus 1875, Perth, Skotland11 Februarie 1940, Montreal, Quebec, Kanada)[1] was 'n Skotse romansier, geskiedkundige en politikus vir die Unioniste, wat gedien het as die goewerneur-generaal van Kanada, die 15de sedert die Kanadese Konfederasie.

Na 'n kort regsloopbaan, het Buchan 'n aanvang geneem met sy skrywers-, politieke- en diplomatieke loopbane. Hy het as privaatsekretaris van die administrateurs van verskeie kolonies in Suider-Afrika gedien. Hy het later propaganda vir die Britse oorlogspoging gedurende die Eerste Wêreldoorlog geskryf. Hy is in 1927 verkies as lid van die parlement, maar het die grootste deel van sy tyd aan sy skryfwerk spandeer, en in die tyd The Thirty-Nine Steps en ander avontuurfiksie geskryf. In 1935 het Koning George V op die advies van die Eerste minister R. B. Bennett vir Buchan aangestel om Vere Ponsonby as goewerneur-generaal van Kanada op te volg. Gevolglik is Buchan toegelaat tot die "peerage". Hy het die pos tot met sy dood in 1940 beklee.

Buchan was entoesiasties oor geletterdheid en die ontwikkeling van Kanadese kultuur. Hy het 'n staatsbegrafnis in Kanada ontvang, voordat sy as teruggeneem is na die Verenigde Koninkryk.

  1. Perth City Heritage Fund – Perth and Kinross Heritage Trust

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne