John Cleese | |
Cleese in 2014.
| |
Geboortenaam | John Marwood Cleese |
---|---|
Geboorte | 27 Oktober 1939 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Aktiewe jare | 1961-tans |
Webwerf | thejohncleese.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
John Marwood Cleese (gebore op 27 Oktober 1939) is ’n Britse akteur, komediant, skrywer en rolprentvervaardiger. Hy het bekendheid verwerf as een van die hoofkarakters in Monty Python’s Flying Circus en later as die hotelbaas Basil Fawlty in die TV-komedie Fawlty Towers. Sy flieks sluit in A Fish Called Wanda (1988). Hy speel die rol van Q in die James Bond-fliek Die Another Day (2002) en die rol van mnr. Edly, The Guv, in die twee Spud-flieks.[1]