John F. Kennedy Int. Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: JFK – ICAO: KJFK – FAA: JFK | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Port Authority of New York and New Jersey | ||
Bedien | New York metropolitaanse area | ||
Ligging | Jamaica, Queens, New York, V.S.A. | ||
Geopen | 1 Julie 1948 | ||
Spil vir | American Airlines Delta Air Lines | ||
Tydsone | EST (UTC-05:00) | ||
Somer - dagligbesparing | EDT (UTC-04:00) | ||
Hoogte bo seevlak | 13 vt / 4 m | ||
Koördinate | 40°38′23″N 73°46′44″W / 40.63972°N 73.77889°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
FAA lughawediagram | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
4L/22R | 12 079 | 3 460 | Beton[1] |
4R/22L | 8 400 | 2 560 | Teer |
13L/31R | 10 000 | 3 048 | Beton |
13R/31L | 14 511 | 4 423 | Beton |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
H1 | 60 | 18 | Teer |
H2 | 60 | 18 | Teer |
H3 | 60 | 18 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 55 175 249 | ||
Lugbewegings | 439 320 | ||
Vrag en pos (2021) | 1 461 020 ton | ||
Bron: Port Authority of New York and New Jersey[2] FAA[3] |
John F. Kennedy Internasionale Lughawe (IATA: JFK, ICAO: KJFK, FAA LID: JFK), in die omgangstaal na verwys as JFK-lughawe, is die belangrikste internasionale lughawe wat New York bedien. Die lughawe is die besigste van die ses lughawens in die New York-lughawestelsel, die 13de besigste lughawe in die Verenigde State, en die besigste internasionale lugpassasierspoort na Noord-Amerika.[4] Meer as negentig lugrederye bedryf vanaf die lughawe, met ononderbroke of direkte vlugte na bestemmings op al ses kontinente.[5]
JFK is geleë in die Jamaica-woonbuurt van Queens,[6] 26 km suidoos van Manhattan se middestad. Die lughawe beskik oor ses passasiersterminale en vier aanloopbane. JFK is 'n spilpunt vir beide American Airlines en Delta Air Lines, en dit is die primêre bedryfsbasis vir JetBlue.[7] JFK was ook voorheen 'n spilpunt vir Pan Am, TWA, Eastern, National, Northwest en Tower Air.
Die fasiliteit is in 1948 as New York Internasionale Lughawe geopen[8][9] en was algemeen bekend as Idlewild-lughawe.[10] Na die sluipmoord op die Amerikaanse president John F. Kennedy in 1963, is die lughawe herdoop na John F. Kennedy Internasionale Lughawe as 'n huldeblyk aan die 35ste president.[11][12][13]
The FAA code became JFK at the beginning of 1964; the Airline Guide used JFK and it seems the airlines did too; the airlines must print millions of new baggage tags carrying the initials JFK