John Hersey

John Richard Hersey
Gebore17 Junie 1914
Sterf24 Maart 1993
Key West, Florida,
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepSkrywer, joernalis

John Richard Hersey (17 Junie 1914 – 24 Maart 1993) was 'n Amerikaanse skrywer en joernalis. Hy word beskou as een van die vroegste praktisyns van sogenaamde "Nuwe Joernalisme" (New Journalism) waarin fiksie storievertellingstegnieke aangepas word vir niefiksieverslagdoening.[1]

Hersey se relaas van die nasleep van die kernbom wat op Hirosjima, Japan laat val is, is deur 'n 36-lid paneel van die New York-universiteit se departement van joernalisme aangewys as die beste Amerikaanse joernalistieke werk van die 20ste eeu.[2]

  1. Tom Goldstein (1989). Killing the Messenger: 100 Years of Media Criticism. Columbia University Press. ISBN 0-231-06602-3.
  2. Felicity Barringer (1 Maart 1999). "Journalism's Greatest Hits". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne