John David McAfee (/ˈmækəfiː/;[1][2] 18 September 1945 – 23 Junie 2021)[3][4] was 'n Brits-Amerikaanse rekenaarprogrammeerder en sakeman. Hy stig die sagtewaremaatskappy McAfee in 1987 en bestuur dit tot en met sy uittrede in 1994. McAfee word suksesvol met die vrystelling van hul eerste kommersiële antivirussagteware, en vandag vervaardig die besigheid 'n reeks bedryfsekuriteitsagteware. Die maatskappy word in 2011 deur Intel gekoop, maar behou steeds die McAfee-merknaam. McAfee se netto waarde bereik 'n hoogtepunt van $100 miljoen in 2007 voor sy beleggings tydens die groot resessie van 2007–2008 in duie gestort het.
↑"FEC Form 2"(PDF). Federal Election Commission. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2021. Besoek op 9 September 2015. John David McAfee. Office Sought: Presidential