John Tavener | |
---|---|
Geboortenaam | John Kenneth Tavener |
Gebore | 28 Januarie 1944 Wembley, Londen |
Sterf | 12 November 2013 (op 69) Child Okeford, Dorset |
Genres | Modern |
Beroep(e) | Komponis |
Sir John Tavener (*28 Januarie 1944 – †12 November 2013) was ’n Britse komponis bekend vir sy uitgebreide uitsette van godsdienstige werke insluitend The Whale, The Protecting Veil en Song for Athene. Hy het as ’n wonderkind begin;[1] in 1968 op die ouderdom van 24 is hy deur The Guardian beskryf as “die musikale ontdekking van die jaar”,[2] terwyl The Times gesê het hy is “onder die allerbeste kreatiewe talente van sy generasie.”[3] Gedurende sy loopbaan het hy een van die bekendste en gewildste komponiste van sy generasie geword.[4] Tavener is in 2000 tot ridder geslaan vir sy dienste aan musiek. Hy is ook met die Ivor Novello-toekening beloon.[5]
<ref>
tag; no text was provided for refs named nprobit