John Steenhuisen | |
![]() | |
Minister van Landbou
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 3 Julie 2024 | |
Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering
| |
---|---|
Ampstermyn 27 Oktober 2019 – 14 Junie 2024 | |
Voorafgegaan deur | Annelie Lotriet (waarnemend) Mmusi Maimane |
Federale Leier van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 November 2020 | |
Voorafgegaan deur | Mmusi Maimane |
Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
| |
Ampstermyn 29 Mei 2014 – 24 Oktober 2019 | |
Vise | Jacques Julius Mike Waters |
Voorafgegaan deur | Watty Watson |
Opgevolg deur | Jacques Julius (waarnemend) Natasha Mazzone |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Maart 1976 Durban |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Terry Steenhuisen (2014–) Julie Steenhuisen (2000–2010) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Northwood Boys High School |
John Henry Steenhuisen (gebore 25 Maart 1976) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans sedert Julie 2024 as Minister van Landbou dien.
Hy het gedien as die twintigste leier van die Opposisie van Oktober 2019 tot Junie 2024 (tot sy toetrede tot die regering van nasionale eenheid na die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing). Hy is sedert November 2020 die leier van die Demokratiese Alliansie, nadat hy vanaf November 2019 vir een jaar as die tussentydse leier gedien het. Hy was hoofsweep van die amptelike opposisie vanaf Mei 2014 tot Oktober 2019. Hy dien tans as Minister van Landbou onder die Derde Kabinet van Cyril Ramaphosa.
Hy het voorheen as die hoofsweep onder die leierskap van Mmusi Maimane gedien. Steenhuisen het 'n lid van die parlement in Julie 2011 geword. Voor dit was hy betrokke in die politiek van KwaZulu-Natal waar hy as die provinsiale leier van die DA en lid van KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer gedien het. Hy was ook 'n stadsraadslid in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Hy is op 2 April 2023 vir nog 'n termyn as partyleier herkies.[1].