Johnny Weissmuller | |
Johnny Weissmuller, 1940
| |
Geboortenaam | Peter Johann Weißmüller |
---|---|
Geboorte | 2 Junie 1904 Freidorf, Oostenryk-Hongarye, (nou Roemenië) |
Sterfte | 20 Januarie 1984 Acapulco, Mexiko |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1929–'76 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Johnny Weissmuller (gebore as Peter Johann Weißmüller;[1] 2 Junie 1904 – 20 Januarie 1984) was ’n Amerikaanse swemmer en akteur wat veral bekend was vir sy rol as Tarzan in rolprente van die 1930's en 1940's en as houer van die beste rekords in mededingende swem van die 20ste eeu. Hy was in die 1920's een van die vinnigste swemmers in die wêreld: hy het vyf Olimpiese goue medaljes vir swem gewen en ’n bronsmedalje vir waterpolo.
Ná sy swemloopbaan het hy die sesde akteur geword wat Edgar Rice Burroughs se aapman, Tarzan, speel – in altesaam 12 rolprente. Sy bekende Tarzan-roep word steeds dikwels in rolprente gebruik.