Jonathan Earl Franzen | |
---|---|
Franzen by die 2011 Time 100 gala | |
Gebore | 17 Augustus 1959 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Romansier, essayis |
Jonathan Earl Franzen (gebore op 17 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse romansier en essayis. Sy roman uit 2001, The Corrections, is 'n wydlopende en satiriese gesinsdrama en het kritiese lof ontvang.
Die roman het aan Franzen 'n nasionale boektoekenning besorg en was 'n Pulitzerprys finalis. Dit het ook 'n James Tait Black-prys ontvang en was op die kortlys vir die Internasionale Dublin Literêre-prys.
Sy roman Freedom (2010) het ook lof ontvang en gelei tot 'n verskyning op die voorblad van Time onder die opskrif "Grootse Amerikaanse Romansier".[1][2]
Franzen maak al sedert 1994 bydraes tot die The New Yorker. Sy 1996 Harper's essay Why Bother? betreur die toestand van kontemporêre literatuur. Die Oprah Winfrey boekklub se keuse van The Corrections in 2001 het gelei tot 'n baie openbare en omstrede vete met die kletsprogram-gasvrou.[3] Meer onlangs is Franzen erken vir sy opinies op 'n verskeidenheid kwessies, van dienste soos Twitter ("Wat gebeur met die mense wat in-diepte wil kommunikeer, individu tot individu, in die stilte en permanensie van die gedrukte woord?";[4] "die eintlike stof van ons daaglikse lewens is totale elektroniese afleiding [van dit wat eintlik belangrik is]"[5]) tot die verganklikheid van e-boeke ("Al die werklike dinge, die outentieke dinge, die eerlike dinge, is besig om af te sterf.")[6][7] en die self-vernietiging van Amerika.[8]