Joseph Poelaert

Joseph Poelaert
Gebore21 Maart 1817
Sterf3 November 1879 (op 62)
Brussel, België
NasionaliteitVlag van België België
Beroepargitek
Bekend virSint-Katelijnekerk in Brussel
Justitiepaleis in Brussel
EggenootLéonie Toussaint
Maurice Pauwels
Ouer(s)Philip Poelaert

Joseph Poelaert (* 21 Maart 1817 in Brussel; † 3 November 1879 in Brussel) was 'n Belgiese argitek en offisier van die Ordre de Léopold (Leopoldsorde).

Poelaert het groot waardering by koning Leopold I van België (1831-1865) geniet en 'n aantal beduidende Brusselse bouprojekte aangepak, waaronder die Sint-Katharinakerk (église Saint-Catherine), die Koninklike Kerk te Laeken (église royale de Laeken), die Kongressuil (colonne du Congrès), die heropbou van die Muntskouburg (Théâtre de la Monnaie) ná 'n brand en die Justisiepaleis (Palais de Justice), die belangrikste geregsgebou in Brussel.

Poelaert se werk is veral deur die laer klasse gering geskat - talle bewoners van die werkersbuurt Marollen is deur die polisie uit hul huise verdryf om plek te maak vir die oprigting van die Justisiepaleis, sy beduidendste projek. Poelaert is nog gedurende die boutyd aan breinkongestie oorlede [1] - vier jaar voor die voltooiing van die Justisiepaleis. Geeneen van sy bouplanne het bewaar gebly nie.

  1. Revue mensuelle‎ publiée par Octave Uzanne, deuxième année, Paris, A. Quantin, imprimeur éditeur, 1881, p. 135: "Poelaert a succombé à une congestion cérébrale et n’a pas eu la joie, infiniment précieuse à tout créateur, d’assister au couronnement de son œuvre ; mais contrairement à beaucoup d’autres dont les créations disparaissent avec eux, M. Poelaert a eu cet honneur suprême de se voir presque dans la postérité avant de mourir, car son œuvre est pour ainsi dire achevée. Ainsi que : La Chronique des Arts et de la Curiosité, "Correspondance de Belgique, p.296: "Poelaert meurt, en effet, d’une congestion cérébrale."

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne