Joseph Schmidt | |
---|---|
![]() Posseël uitgereik deur Duitsland in 2004 ter herdenking van Joseph Schmidt se geboortedag 100 jaar vantevore. | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 4 Maart 1904 Dawideny, Boekowina, Oostenryk-Hongarye |
Sterf | 16 November 1942 Girenbad, Switserland |
Beroep(e) | Liriese tenoor |
Webwerf | http://www.josephschmidt-archiv.ch/ |
Joseph Schmidt (4 Maart 1904 – 16 November 1942) was 'n Joods-Oostenrykse tenoor en akteur. Hy is op die dorpie Davideny gebore in die destydse Oostenryk-Hongaarse provinsie Boekowina, wat later deel van Roemenië en uiteindelik Oekraïne geword het.