Joseph Conrad | |
---|---|
Joseph Conrad in 1904 | |
Gebore | Józef Teodor Konrad Korzeniowski 3 Desember 1857 Terekhowe naby Berdychif, Kiëf-goewernoraat, Russiese Ryk |
Sterf | 3 Augustus 1924 (op 66) Bishopsbourne, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Romanskrywer, kortverhaalskrywer |
Bekend vir | The Lagoon (1896) The Nigger of the 'Narcissus (1897) Heart of Darkness (1899) Lord Jim (1900) Amy Foster (1901) Typhoon (1902) The End of the Tether (1902) Nostromo (1904) The Secret Agent (1907) The Duel (1908) The Secret Sharer (1909) Under Western Eyes (1911) |
Eggenoot | Jessie George |
Kinders | Borys, John |
Handtekening | |
Joseph Conrad (1857–1924), was 'n Engelse roman- en prosaskrywer wat in Pole gebore is. Hy word as een van die belangrikste Engelse skrywers van die vroeë 20ste eeu beskou. Sy romans handel dikwels oor die see en kolonialisme, asook die morele probleme wat daarmee gepaardgaan. Sy bekendste romans is Heart of Darkness, Lord Jim, Nostromo en The Secret Agent.[1]