Julia Hauke | |
---|---|
Prinses van Battenberg | |
![]() Julia Hauke, deur Woldemar Hau.
| |
Eggenoot | Prins Alexander van Hesse en by Ryn |
Vader | Graaf Johann Moritz von Hauke |
Moeder | Sophie Lafontaine |
Volle naam | Julia Therese Salomea von Hauke |
Gebore | Warskou, Pole | 24 November 1825
Oorlede | 19 September 1895 (op 69) Schloss Heiligenberg, Jugenheim, Hesse |
Julia, Prinses van Battenberg (voorheen gravin Julia Therese Salomea von Hauke; 24 November [O.S. 12 November] 1825 – 19 September 1895) was die vrou van prins Alexander van Hesse en by Ryn, die derde oudste seun van Lodewyk II, Groothertog van Hesse. Haar pa was ’n Poolse generaal van Duitse afkoms. Sy was ’n hofdame van Marie van Hesse, vrou van die toekomstige keiser Aleksander II van Rusland en ’n suster van prins Alexander van Hesse. Julia is later met laasgenoemde getroud.
Die huwelik tussen die twee was morganaties (sosiaal ongelyk) omdat sy nie van prinslike afkoms was nie. Groothertog Lodewyk III van Hesse, Alexander se broer, het egter vir haar ’n adellike titel, Prinses van Battenberg, gegee.
Julia was die ma van Alexander, Prins van Bulgarye, en is ’n voorouer van Charles, Prins van Wallis, eerste aanspraakmaker op die Britse troon, en van die huidige geslag van die Spaanse koningshuis.