Julia Child | |
---|---|
![]() Julia Child tydens een van haar kookprogramme. | |
Gebore | Julia Carolyn McWilliams 15 Augustus 1912 Pasadena, Kalifornië |
Sterf | 13 Augustus 2004 Montecito, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Kok |
Bekend vir | Kookboeke en -programme |
Eggenoot | Paul Cushing Child |
Julia Child (née McWilliams, 1912–2004) was ’n Amerikaanse sjef wat mense met haar gewilde TV-programme en boeke leer kook het.[1] Haar bekendste boek was Mastering the Art of French Cooking (1961). Sy het verskeie kookprogramme aangebied, waaronder The French Chef, wat 10 jaar lank op televisie uitgesaai is. Sy het 'n Peabody- en 'n Emmy-prys gewen. Die kombuis waarin sy drie van haar kookprogramme aangebied het kan in die Nasionale Museum van Amerikaanse Geskiedenis besigtig word.