Juliet (maan)

Daar is ook ’n asteroïde met die naam 1285 Julietta.
Juliet   
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 3 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus XI
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 64 358,222 ± 0,048 km[1]
Wentelperiode 0,493065490 ± 0,000000012 d[1]
Baanhelling 0,06546 ± 0,040° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 150 × 74 × 74 km[2]
Gem. radius 46,8 ± 4 km[2][3][4]
Oppervlakte ~35 000 km²[nota 1]
Volume ~632 000 km³[nota 1]
Massa ~5,6×1017 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,016 m/s2[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,040 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Juliet is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 3 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 2 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Juliet, die heldin in William Shakespeare se toneelstuk Romeo en Juliet. Dit het ook die naam Uranus XI.[6]

Juliet behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Perdita, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 53 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Juliet bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Juliet soos ’n langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,5 ± 0,3, wat ’n taamlik uiterse afmeting is.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]

Juliet kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Desdemona bots.[8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jacobson 1998
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Voyager 2001
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Williams 2007 nssdc
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAUC 4164
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gazetteer
  7. 7,0 7,1 7,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Duncan Lissauer 1997


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne