Junkers Ju 52

Junkers Ju 52
Ju-Air Junkers Ju-52/3m in vlug oor Oostenryk (Julie 2013)
Tipe Bomwerper

Passersiersvliegtuig Vragvliegtuig

Vervaardiger Junkers
Nooiensvlug Oktober 1930
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Luftwaffe
Suid-Afrikaanse Lugdiens

Lufthansa

Met die bynaam ‘Tante Ju’, of "Tannie Ju," was die Junkers Ju 52/3m die mees suksesvolle Europese vliegtuigontwerp[1]. Die Junkers Ju 52 is 'n driemotorige passesiersvliegtuig wat ontwerp is vir Lufthansa in Duitsland. Dit is toe later ook gebruik as 'n bomwerper en vragvliegtuig wat deur die Luftwaffe gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die vliegtuie kon 17 passasiers of 3 ton vrag elk vervoer en het goeie diens gelewer na lughawens met kort aanloopbane. In die 1930's, het meeste lugrederye in Europa en Suid-Amerika die vliegtuie gebruik. ‘n Total van 4,835 Ju 52/3ms is gebou, insluitend 170 wat onder lisensie in Spanje vervaardig is deur Construcciones Aeronauticas (CASA), en 400 in Frankryk deur Ateliers Aeronautiques de Colombes[2].

Drie Junkers Ju-52 vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens

Die Ju-52/3M is ook deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1934 en 1939 waarna al vyftien vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugmag gegee is vir diens in die Tweede Wêreldoorlog [3]. Die vliegtuie is toe deur die lugmag gebruik tot die einde van die oorlog as vervoer vir vrag en troepe.

Een Ju-52/3M, alhoewel 'n Spaanse weergawe (CASA-352), is operasioneel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens Museum in Germiston op die Oos-Rand.

  1. https://airandspace.si.edu/collection-objects/junkers-ju52/nasm_A19880044000
  2. https://airandspace.si.edu/collection-objects/junkers-ju52/nasm_A19880044000
  3. http://www.saamuseum.co.za/our-aircraft/66-junkers-ju-52-casa-352l.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne