Junkers Ju 88 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper en nagvegter |
Vervaardiger | Junkers |
Ontwerp deur | Ernst Zindel, W. H. Evers, en Alfred Gassner |
Nooiensvlug | 21 Desember 1936 |
Status | Onttrek aan militêre diens |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | 15,183 |
Die Junkers Ju 88 is 'n veeldoelige vliegtuig wat onder andere as bomwerper en nagvegter deur die Luftwaffe gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was ook gebruik vir lae ondersteuning, verkenning en as torpedodraer. Dit was oorspronklik ontwerp as 'n hoëspoed bomwerper en word soms beskryf as die Duitse Mosquito.