Justinus I | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Justinus I uitbeeld.
| |
Bewind | 518 – 1 Augustus 527 |
Volle naam | Flavius Justinus Augustus |
Dinastie | Justiniaanse |
Gebore | Omstreeks 450 |
Oorlede | 1 Augustus 527 |
Voorganger | Anastasius I |
Opvolger | Justinianus |
Eggenote | Euphemia |
Justinus I (Latyn: Flavius Iustinus Augustus, Grieks: Ἰουστίνος; omstreeks 450 – 1 Augustus 527) was die Bisantynse keiser van 518 tot met sy dood in 527. Hy het opgang in die leër gemaak en eindelik keiser geword, hoewel hy ongeletterd was,[1] toe hy amper 70 jaar oud was. Sy bewind is betekenisvol vir die stigting van die Justiniaanse Dinastie, wat sy beroemde nefie Justinianus I insluit, en sy wette wat die invloed van die ou Romeinse adel verminder het.