Justus von Liebig | |
Justus Liebig, ca. 1866
| |
Gebore | Darmstadt, Heilige Romeinse Ryk | 12 Mei 1803
---|---|
Oorlede | 18 April 1873 (op 69) München, Beiere, Duitse Keiserryk |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Chemie |
Instelling(s) | Universiteit van Gießen Universiteit van München |
Alma mater | Universiteit van Bonn Universiteit van Erlangen |
Doktorale promotor(s) | Karl Wilhelm Gottlob Kastner |
Doktorale student(e) | Carl Schmidt, Nikolay Zinin, Victor Regnault, Carl von Voit, Hermann von Fehling, Hermann Franz Moritz Kopp, August Kekulé, August von Hofmann, Lyon Playfair, Emil Erlenmeyer, Heinrich Ritthausen, Moritz Traube, Adolph Strecker, Wilhelm Henneberg |
Ander bekende student(e) | Augustus Voelcker,[1] Julius Eugen Schlossberger, Karl Vogt
Max Joseph von Pettenkofer |
Bekend vir | Wet van die minimum, Liebig-kondensor |
Toekennings | Albert-medalje (1869) |
Justus Liebig, sedert 1845 Freiherr von Liebig (* 12 Mei 1803 in Darmstadt; † 18 April 1873 in München) was 'n Duitse chemikus en professor in Gießen en München. Hy was 'n pionier op die gebied van toegepaste chemie en word as die uitvinder en eerste gebruiker van kunsmis beskou. Van sy ander ontdekkings sluit in babakos, bakpoeier, vleis-ekstrak en etlike ander.