KAA Gent

KAA Gent
File:Logo van voetbalclub K.A.A. Gent (2013).png
Volledige naam Koninklijke Atletiek Associatie Gent
Opgerig 1898
Stadion Ghelamco Arena
Kapasiteit 20.000
Voorsitter Ivan De Witte
Afrigter Jess Thorup
Kompetisie Jupiler League
Die Jules Otten-stadion

KAA Gent is 'n Belgiese sportklub in die stad Gent wat veral vir sy sokkerafdeling bekend is. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer gimnastiek, atletiek, boks, krieket, fietsry, skermkuns, hokkie, swem, waterpolo en tennis.

KAA Gent is in 1898 gestig as ARA La Gantoise. Die klub is in 1971 hernoem na KAA Gent. Die klub se grootste prestasie was toe hulle die Beker van België in 1964, 1984 en 2010 gewen het. Die klub se bynaam is Die Buffalo's.

Hulle tuisveld is die Ghelamco-Arena wat 'n kapasiteit van 20 000 sitplekke het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne