KAI T-50 Golden Eagle

KAI T-50 Golden Eagle
'n ROKAF T-50, 2005
Tipe Vegvliegtuig-opleier
Vervaardiger Korea Aerospace Industries (KAI)
Nooiensvlug 20 Augustus 2002
Vrygestel 22 Februarie 2005
Status In gebruik
Hoofgebruikers Republiek van Korea Lugmag
Indonesiese Lugmag
Filippynse Lugmag
Irakese Lugmag
Vervaardig 2001-tans
Aantal gebou 200+

Die KAI T-50 Golden Eagle (Koreaans: 골든 이글) is 'n familie van Suid-Koreaanse supersoniese gevorderde opleidingsvliegtuie en ligte vegvliegtuie, ontwikkel deur Korea Aerospace Industries (KAI) in samewerking met Lockheed Martin. Die T-50 is die eerste inheemse supersoniese vliegtuig van Suid-Korea en een van die wêreld se min supersoniese opleiers. Die ontwikkeling het in die laat-1990s begin, met sy nooiensvlug in 2002. Die vliegtuig het in 2005 begin om aktief diens te verrig in die Republiek van Korea se Lugmag (ROKAF).

Die T-50 is verder ontwikkel tot aerobatiese en gevegsvariante, naamlik T-50B, TA-50 en FA-50. Die F-50 enkelsitplek-multirolvegvliegtuig-variant is oorweeg. Die T-50B dien saam met die Suid-Koreaanse Lugmag se lugtoertjiespan. Die TA-50-ligte aanvalvariant is deur Indonesië bestel. Die Filippyne het 12 eenhede van die FA-50-variant bestel. Die T-50A is bemark as 'n kandidaat vir die volgende generasie TX-opleierprogram van die Amerikaanse Lugmag, maar was nie suksesvol met die bod nie. [1] [2] Thailand het 12 eenhede van die T-50 variant vir gevorderde opleiding bestel.[3][4]

KAI en Lockheed Martin het 'n gesamentlike internasionale bemarkingsprogram vir die T-50 in 2003 geloods. Die ROKAF het in Desember 2003 'n produksiekontrak vir 25 T-50's geplaas met vliegtuie wat tussen 2005 en 2009 afgelewer moes word. Die oorspronklike T-50-vliegtuie is toegerus met die AN/APG-67(v) 4-radar van Lockheed Martin. Die T-50 is toegerus met 'n GE F404-enjin met Full Authority Digital Engine Control (FADEC) gebou onder lisensie deur Samsung Techwin.[5] Ingevolge die mede-produksieooreenkoms T-50/F404-102 lewer GE enjinstelle direk aan Samsung Techwin wat die verdere aangewese onderdele vervaardig, sowel as die finale montering en toets van die enjins.[6]

Kaart met T-50-operateurs in blou aangedui.
  1. "Lockheed-KAI consortium fails to win US jet contract". The Korea Times. 28 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op 29 September 2018.
  2. Trimble, Stephen (24 Mei 2011). "Lockheed ponders T-50 re-engining for T-X programme". Flightglobal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2011. Besoek op 10 November 2016.
  3. "Gov't to export four T-50 training jets to Thailand". koreajoongangdaily.joins.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2016. Besoek op 27 Junie 2016.
  4. "KAI added 8 T-50s to Thailand". sedaily.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2017. Besoek op 30 Julie 2017.
  5. "Black Eagles aerobatic display team". bainesplanes.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2013. Besoek op 16 Junie 2013.
  6. "Republic of Korea orders 57 F404 Engine Kits for T-50 Trainers". GE Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 16 Junie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne