KNVB-beker

KNVB-beker
2023–24 KNVB-beker
Beskrywing.
Die KNVB-bekertrofee

Sportsoort Sokker
Gestig 1898
Eienaar KNVB
Inwydingseisoen 1899
Deelnemende lande Vlag van Nederland Nederland
Aantal spanne 110
Mees onlangse kampioen PSV Eindhoven (2023)
Verwante kompetisies Eredivisie
Johan Cruijff Schaal
Borg(e) TOTO

Die KNVB-beker is Nederland se nasionale bekertoernooi vir sokker. Die toernooi is die eerste keer in 1898 gespeel en is die oudste sokkertoernooi buite die Verenigde Koninkryk.

Die wenner mag om die Europa League en om die Johan Cruijff Schaal meeding. Die KNVB-beker is 'n uitkloptoernooi, waar die klubs elk net één wedstryd speel. Die eindstryd vind elke jaar in die Kuip in Rotterdam plaas. Omdat die nasionale kompetisie deur sterker klubs oorheers word, is die KNVB-beker vir baie klubs die enigste prys wat hulle kan wen.

Die huidige kampioen is PSV Eindhoven. In 2023 het PSV Eindhoven vir AFC Ajax met 3–2 ná strafdoele in die eindstryd geklop.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne