KV26 | ||
Grafkelder van onbekende(s) | ||
![]() | ||
Die plan van KV26. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | Voor 1835 | |
Uitgrawings deur | James Burton (1820's-'30's) Universiteit van Basel (2009) | |
Versiering | Onversier | |
← Vorige WV25 Volgende →
KV27 |
KV26 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit dateer van die 18de Dinastie. Die grafkelder lê in 'n syvallei wat lei na die grafkelder van Toetmoses III (KV34). Dit is in die 1820's of 1830's deur die vroeë Egiptoloog James Burton en in 1898 deur Victor Loret besoek.
Die eerste aangetekende uitgrawings is in 2009 gedoen deur die Universiteit van Basel. Tekens van minstens een begrafnis is gevind, asook fragmente van potte en steenhouers, maar niks is van die eienaar(s) bekend nie.