KV45

KV45
Grafkelder van Oeserhet, Merenchons en onbekende vrou
Die plan van KV45.
Die plan van KV45.
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek Februarie 1902
Uitgrawings deur Howard Carter (1902)
Donald P. Ryan (1991, 2005)
← Vorige
KV44
Volgende →
KV46

KV45 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1902 deur Howard Carter, die hoofinspekteur van oudhede, ontdek en verken namens die miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis.[1]

Die grafkelder is aanvanklik vir die begrafnis van die adellike Oeserhet van die 18de Dinastie gebruik en is in die 22ste Dinastie herbruik deur ene Merenchons en 'n onbekende vrou.

Dit is in 1991 en 2005 weer verken deur 'n span onder leiding van Donald P. Ryan.[2]

  1. Carter, Howard (1903). "Report on General Work Done in the Southern Inspectorate". Annales du Service des Antiquités de l'Égypte. Le Service. IV: 43–50. Besoek op 15 April 2021.
  2. Ryan, Donald P. (2007). "Pacific Lutheran University Valley of the Kings Project: Work Conducted during the 2005 Field Season". Annales du Service des Antiquités de l'Égypte. 81: 345–356.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne