KV46 | ||
Die grafkelder van Joeja en Toeja | ||
![]() | ||
Die plan van die inhoud, soos in 1908 deur Quibell gepubliseer. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 5 Februarie 1905 | |
Uitgrawings deur | James E. Quibell | |
Versiering | Onversier | |
← Vorige KV45 Volgende →
KV47 |
KV46 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van Joeja en Toeja. Hulle was die ouers van koningin Tije, die hoofvrou van farao Amenhotep III.
Hulle grafkelder is in Februarie 1950 ontdek deur die Egiptoloog James E. Quibell, en uitgrawings is gedoen onder die borgskap van die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Die graf is in antieke tye beroof, maar 'n groot deel van sy oorspronklike inhoud het bewaar gebly, onder meer kiste, beddens, stoele, 'n stydwa en verskeie flesse. Verder is die onversteurde mummies van Joeja en Toeja in hulle kiste ontdek. Voor die ontdekking van Toetankamen se graf is dit beskou as een van die grootste ontdekkings in Egiptologie.[1]