KV56 | ||
Grafkelder van 'n kind of koningin | ||
![]() | ||
Goue oorringe uit KV56. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 5 Januarie 1908 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton (1908) Nicholas Reeves (1998-2002) | |
← Vorige KV55 Volgende →
KV57 |
KV56, ook bekend as die Goue Grafkelder, is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in Januarie 1908 deur Edward R. Ayrton ontdek en het vermoedelik die ongeskonde liggaam van 'n koninklike kind uit die laat 19de Dinastie bevat. Die kis het gedisintegreer en net 'n dun laag bladgoud en pleisterkalk het oorgebly.
Wat veral indrukwekkend in die grafkelder was, is silwer- en goue juweliersware soos ringe, silwerarmbande met die name van Seti II en Twosret, en 'n paar klein silwerhandskoene. Dit is onbekend wie die oorspronklike eienaar van die grafkelder was, maar sommige vermoed dit was 'n koningin uit die 18de Dianstie.[1][2]