Kaap Fria

Kaap Fria (koue kaap) is 'n landpunt aan die Atlantiese Oseaan op die noordelike kuslyn, bekend as die Skedelkus, van Namibië. Die kaap is 120 km noordwes van Mowebaai en 200 km suid van die Angolagrens. Dit is geleë in die Skedelkus Nasionale Park.[1] Die kaap is tans slegs per lug bereikbaar.

  1. Goudie, Andrew; Viles, Heather (2014). Landscapes and Landforms of Namibia (in Engels). Springer. p. 19. ISBN 9789401780209. Besoek op 27 Junie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne