Kaapse grondeekhoring | |
---|---|
![]() | |
Drie grondeekhorings bespied die omgewing naby Solitaire in die Namibwoestyn, Namibië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | X. inauris
|
Binomiale naam | |
Xerus inauris (Zimmerman, 1780)
| |
![]() | |
Verspreiding |
Die Kaapse grondeekhoring of bloot grondeekhoring (Xerus inauris) (soms verkeerdelik 'n waaierstertmeerkat genoem – dis glad nie 'n meerkat nie – en voorheen ook waaiersterteekhoring genoem) kom in die droë streke van Suider-Afrika voor. Hulle lewe in gate in die grond wat hulle self grawe en wat gemiddeld 700 m² beslaan en 2 tot 100 ingange kan hê. Hulle deel hulle gate dikwels met stokstertmeerkatte en witkwasmuishonde.