Kabinet van Cyril Ramaphosa, Junie 2024

Kabinet van Suid-Afrika
Derde kabinet van Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa
President (party):
Cyril Ramaphosa (ANC)
Periode:
1 Julie 2024 – tans
Republiek van Suid-Afrika

Die Derde Kabinet van Cyril Ramaphosa is kort na die verkiesing van Ramaphosa tot 'n tweede volle termyn as President van Suid-Afrika na die algemene verkiesing van 2024 saamgestel. Sy party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing verloor en is tot 'n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies word as president van Suid-Afrika. Dit is die eerste keer dat die ANC sedert die einde van apartheid in 1994 sonder 'n volstrekte meerderheid moet regeer.[1][2]

  1. Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Besoek op 14 Junie 2024.
  2. "South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president". Reuters. 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne