| |
Tweede Zuma-kabinet![]() | |
President: Jacob Zuma Party: ANC | |
Periode: 2014 – 2018 Republiek van Suid-Afrika |
Op 24 Mei 2014 is Jacob Zuma vir 'n tweede termyn as die President van die Republiek van Suid-Afrika in sy amp ingehuldig.
Kort daarna, op 25 Mei 2014, het hy sy nuwe kabinet aangekondig. Terwyl sommige ministers (elf) uit die vorige kabinet hul poste behou het, is die meeste van die kabinet óf nuwe aanstellings, óf vorige kabinetsministers wat verskuif is na nuwe portefeuljes. Daar was 'n totaal van 35 ministeriële portefeuljes in die kabinet.