Kaiserschmarrn [ˈkaɪ̯zɐˌʃmaʀn] Hongaars Császármorzsa, Tsjeggies Císařský trhanec) is een van die bekendste Schmarrn-meelkosdisse in die Oostenrykse kookkuns. Die gereg, wat van pannekoekdeeg berei word, is vernoem na keiser Frans Josef I. In Oostenryk word dit meestal met Zwetschkenröster bedien, 'n soet kompot wat van pruime, enkele eetlepels water, suiker, lemoensap, kaneel en naeltjies berei word. In die tyd van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie het die dis ook in Hongarye gewild geraak.
(ook gespel as: Kaiserschmarren,