Kalahariskilpad Skulprandskilpad | |
---|---|
![]() | |
'n Volwasse Kalahariskilpad | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. oculifer
|
Binomiale naam | |
Psammobates oculifer | |
Sinonieme[2] | |
|
Die Kalahariskilpad (Psammobates oculifer) is 'n skilpad wat in die Kalahari en in die westelike gedeeltes van die Limpopo-provinsie (maar nie suid van die Oranjerivier nie) voorkom. Die skilpad word 12 tot 14 cm lank en weeg 300 tot 480 gram. Dit is amper-endemies aan Suid-Afrika.
Die skilpad het 'n lae, koepelvormige karapaks (bo-dop). Die karapaks is het 'n ligte geelbruin tot donkerbruin kleur met geelbruin strepe van die middel van elke effens opgehewe skildplaat. Dit het nie 'n skarnier nie, maar het 'n duidelik geskulpte rand.
Kalahariskilpaaie is aangepas by droë savanne en woestyngebied met struikgewasse. Die skilpaaie grawe hulself vir beskerming in die los grond onderom lae bossies in. Hulle vreet klein vetplante, grasse en mis.
Die skilpaaie lê een of twee eiers in die lente of somer in 'n gat. Die kleintjies broei in die vroeë herfs uit.