Die Kambriese ontploffing verwys na 'n tydperk sowat 538,8 Ma[nota 1] gelede tydens die geologiese tydperkKambrium van die vroeë Paleosoïkum, toe daar 'n skielike evolusionêre diversifikasie van meersellige lewe was en feitlik alle groot filums in die dierewêreld in die fossielrekord verskyn het.[1][2][3] Dit het sowat 13[4][5][6] tot 25[7][8] Ma geduur en gelei tot die ontstaan van die meeste moderne dierefilums.[9] Dit word ook die Kambriese uitspreiding,[10]Kambriese diversifikasie of Biologiese Oerknal[11] genoem.
Saam met dié voorval het 'n groot diversifikasie ook in ander groepe organismes plaasgevind.
Voor die vroeë Kambriese diversifikasie, rofweg 610 Ma gelede, was die meeste organismes relatief eenvoudig: Hulle het bestaan uit individuele selle of was klein meersellige organismes wat soms in kolonies voorgekom het. Namate die tempo van diversifikasie toegeneem het, het die verskeidenheid van lewe baie ingewikkelder geword en het dit soos vandag se lewensvorme begin lyk.[12] Feitlik al die dierefilums van vandag het in dié tydperk ontstaan,[13][14] insluitende die vroegste rugkoorddiere.[15]
Volgens 'n geskrif in 2019 behoort die tydperk vervroeg te word om die laat Ediacarium in te sluit, toe nog 'n diverse biota met sagte liggame voorgekom en moontlik tot in die Kambrium voortbestaan het – eerder as net die kleiner tydraamwerk van die Kambriese ontploffing soos wat dit in die fossielrekord sigbaar is. Dié voorstel is gabaseer op die ontleding van chemikalieë wat die boustene sou lê vir 'n reeks diversifikasies wat met die Ediacarium begin en teen 'n volgehoue pas tot in die Kambrium voortgeduur het.[16]
Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found
↑"Stratigraphic Chart 2022"(PDF). International Stratigraphic Commission. Februarie 2022. Besoek op 22 April 2022.
↑Maloof, A. C.; Porter, S. M.; Moore, J. L.; Dudas, F. O.; Bowring, S. A.; Higgins, J. A.; Fike, D. A.; Eddy, M. P. (2010). "The earliest Cambrian record of animals and ocean geochemical change". Geological Society of America Bulletin. 122 (11–12): 1731–1774. Bibcode:2010GSAB..122.1731M. doi:10.1130/B30346.1.
↑Erwin, D. H.; Laflamme, M.; Tweedt, S. M.; Sperling, E. A.; Pisani, D.; Peterson, K. J. (2011). "The Cambrian conundrum: early divergence and later ecological success in the early history of animals". Science. 334 (6059): 1091–1097. Bibcode:2011Sci...334.1091E. doi:10.1126/science.1206375. PMID22116879. S2CID7737847.