Kamdeboo- Nasionale Park

Kamdeboo- Nasionale Park
Land Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Naaste dorp Graaff-Reinet
Ligging van Kamdeboo- Nasionale Park op 'n kaart (Oos-Kaap)
Kamdeboo- Nasionale Park
Kamdeboo- Nasionale Park
Koördinate: 32°15′0″S 24°30′0″O / 32.25000°S 24.50000°O / -32.25000; 24.50000
Oppervlak 20 000 ha
Openingsjaar 2005
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Kamdeboo- Nasionale Park
Uitsig oor die Vallei van Verlatenheid in die Kamdeboo- Nasionale Park.

Die Kamdeboo- Nasionale Park is geleë rondom die dorp Graaff-Reinet in die Kamdebooarea van die Oos-Kaapprovinsie. Die park is eers in 2005 geproklameer en beslaan 20 000 hektaar. Die mees unieke punt in die park, wat meestal uit Karooekosisteem bestaan, is die Vallei van Verlatenheid, 'n unieke klompie dolomietpilare wat 90 tot 120 meter hoog staan. Die voet van die Sneeuberge en die Nqweba-dam van 1 000 hektaar is in die Kamdeboo Nasionale Park geleë. Die Sondagsrivier voed dié dam. Die bekende Spandaukop (1 316 m) is ook in die park geleë. Die hoogste punt in die park is 1 565 m bo seevlak.

Die naam Kamdeboo is 'n Khoikhoi-woord wat beteken groen hoogtes of groen holte.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne