Kamdeboo-berge

Die Kamdebooberge is die koppiesagtige bergwêreld noord van Aberdeen in die distrik Graaff-Reinet. Aan die noordekant sluit dit aan by die Onder-Sneeuberg.

Die naam is ontleen aan die Kamdeboorivier. Dit is 'n Khoisan-woord wat groen hoogtes of heuwels beteken. Die gebied was voorheen bebos. Die Kamdeboo-boekenhout is in 2008 hier ontdek.[1]

  1. https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0254629913002196

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne