Kamdeboorivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Hoofrivier | Sondagsrivier |
Oorsprong | Kamdeboo-berge |
Oorsprong-hoogte | 1800 m |
Koördinate: 32°29′21″S 24°27′50″O / 32.48917°S 24.46389°O |
Die Kamdeboorivier is die grootste sytak van die Sondagsrivier in die Oos-Kaap van Suid-Afrika.
Hierdie rivier ontspring op 'n hoogte van 1800 m bo seevlak in die Kamdeboo-berge, ongeveer 30 km noord van Aberdeen. Dit het 'n opvanggebied van net onder die 2000 km² in 'n streek met 'n jaarlikse reënval van 250 tot 300 mm. In die benedeloop van die rivier is die De Hoopdam. By Kendrew vloei die rivier in die Sondagsrivier.
Ander bekende sytakke van die Sondagsrivier is die Kareerivier, Melkrivier en die Voëlrivier.