Die Kamiesberg[1] is 'n reeks losstaande koppies in die weste van die Noord-Kaap in Suid-Afrika.
Die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit dra die naam van die Kamiesberge. Dit is 'n gebied van groot natuurskoon wat plantlewe en veldblomme betref, en sekere Suider-Afrikaanse proteaspesies word ruimskoots hier aangetref. Die Kamiesbergsuikerbos en die Kamiesberg vexator is inheems aan Kamiesberg.
Die bergreeks loop parallel met die N7-hoofpad aan sy westekant. Leliefontein is 'n klein sendingstasie-dorpie wat in die Kamiesberge geleë is, met Garies die naaste dorp verder suid. Die Namakwa Nasionale Park lê noordwes van die berge.