Kamov Ka-27 Helix A | ||
---|---|---|
![]() Kamov Ka-27 | ||
Omskrywing | ||
Rol | Teen-duikboot helikopter | |
Bemanning | 1-3 bemanning plus 2-3 spesialiste | |
Eerste vlug | Desember 1974 | |
Vrygestel | 1982 | |
Vervaardiger | Kamov | |
Afmetings | ||
Lengte | 11.30 m | |
Rotoromtrek | 15.80 m | |
Hoogte | 5.50 m | |
Massa | ||
Leeg | 6 500 kg | |
Gelaai | 11 000 kg | |
Maksimum opstyggewig | 12 000 kg | |
Aandrywing | ||
Enjins | 2x Isotov turbo-as | |
Vermoë | 1 660 kW elk | |
Werkverrigting | ||
Maksimumsnelheid | 270 km/h | |
Normale kruissnelheid | 205 km/h | |
Operasionele reikafstand | 980 km | |
Plafonhoogte | 5 000 m | |
Bewapening | ||
2 000 kg. 2 torpedo's (Ka-27) 55 mm missielrakke of 4 GTLs, 7.62 mm MG, 30 mm kanon (Ka-29) | ||
Sensors | ||
Radar, MAD of dompelsonar, sonarboeie (Ka-27) RWR, ESM, EW sisteme (Ka-29) |
Die Kamov Ka-27 (NAVO naam 'Helix') is 'n militêre helikopter van dieselfde klas as die Ka-50 wat vir die Sowjetvloot ontwikkel is. Tans word die helikopter deur Rusland, Oekraïne, Vietnam, Suid-Korea, China en Indië gebruik. Daar bestaan variasies soos die Ka-28 (uitvoermodel), Ka-29 militêre vervoer (16 troepe), die Ka-31 verkenner, en Ka-32 siviele vervoermodel.
Die helikopter is ontwerp vir 'n teen-duikbootrol en om troepe te vervoer. Die ontwerpwerk het in 1970 begin en die eerste prototipe het in 1974 gevlieg. Die bedoeling was om die Kamov Ka-25 Hormone, wat toe reeds 10 jaar oud was, met die Ka-27 te vervang. Die helikopter lyk ook baie soos sy voorganger aangesien dit in dieselfde loodsruimte as sy voorganger op 'n skip moes pas. Soos die ander Kamovhelikopters is die Ka-27 ook sonder 'n stertrotor, omrede die ko-aksiale rotors 'n stertrotor oorbodig maak.