'n Kanaal is 'n kunsmatig aangelegde waterweg. Mense bou al etlike eeue lank kanale vir die vervoer van swaar goedere op bote en skepe. Kanale word ook vir besproeiing of hidroëlektrisiteit benut. Die kante van kanale is soms met klei of beton versterk.
Kanale verbind gewoonlik mere, riviere of oseane. Die Panamakanaal is 'n voorbeeld van 'n bekende kanaal wat die Atlantiese Oseaan met die Stille Oseaan verbind. Die Sueskanaal verbind die Middellandse See met die Rooisee.
Daar is verskillende soorte kanale: