Kanada | ||||
![]() | ||||
Unie | Rugby Kanada (RC) | |||
Bynaam(e) | Canucks, Les Rouges | |||
Embleem | die Esdoringblaar | |||
Stadion | Starlight-stadion, Victoria, Brits-Columbië | |||
Kapasiteit | 25 000 | |||
Afrigter(s) | ![]() | |||
Kaptein(s) | Lucas Rumball | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Aaron Carpenter (80)[1] | |||
Meeste toetspunte | James Pritchard (607)[2] | |||
Meeste drieë | D.T.H. van der Merwe (38)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
![]() ![]() (Osaka, Japan; 31 Januarie 1932) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
![]() ![]() (Bridgetown, Barbados; 24 Junie 2006) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
![]() ![]() (Londen, Engeland; 13 November 2004) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 9/10 (Eerste in 1987) | |||
Beste uitslag | Kwarteindrondte in 1991 | |||
Unie webwerf | ||||
www.rugby.ca |
Die Kanadese nasionale rugbyspan (Engels: Canada national rugby union team; Frans: Équipe du Canada de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Kanada in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die byname Canucks en Les Rouges. Rugby word in Kanada geadministreer deur Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, RC; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) wat in 1974 gestig is. Kanada word as die derde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië en die Verenigde State) en deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Kanada is tans (September 2024) 22ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Twee voormalige Kanadese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.
Kanada het in 1932 sy internasionale rugbydebuut teen Japan gemaak. Kanada tot dusver vir nege van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en net die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk misgeloop; tydens die 1991-toernooi het hulle daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Van 2003 tot 2011 het hulle deelgeneem aan die Churchillbeker, sedertdien speel Kanada gereeld in die Stille Oseaan-nasiesbeker, waar hulle teen Fidji, Japan, Samoa, Tonga en die Verenigde State te staan kom. Sedert 2016 neem Kanada ook deel aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Chili, Uruguay en die Verenigde State.