Carolus Petrus Eduardus Maria "Karel" van de Woestijne (Nederlandse uitspraak:ˈkaːrəl vɑn də ʋuˈstɛinə; Gent, 10 Maart 1878 – Zwijnaarde, 24 Augustus 1929) was 'n Vlaamse skrywer, digter en broer van die skilder Gustave van de Woestijne. Hy het die Koninklijk Athenaeum by die Ottogracht in Gent bygewoon. Hy het ook Germaanse filologie aan die Universiteit van Gent gestudeer, waar hy in kontak gekom het met die Franse simbolisme. Hy het van April 1900 tot Januarie 1904, en weer vanaf April 1905 tot November 1906 by Sint-Martens-Latem gewoon. Hier het hy Laetemsche brieven over de lente vir sy vriend Adolf Herckenrath geskryf. (1901) In 1907 het hy na Brussel verhuis, en in 1915 na Pamel, waar hy De leemen torens saam met Herman Teirlinck geskryf het.
Hy was vanaf 1906 die korrespondent van die Nieuwe Rotterdamsche Courant in Brussel. Tussen 1920 en 1929 hey hy klas gegee in die geskiedenis van die Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Gent. Hy was opeenvolgend die redakteur van die geïllustreerde tydskrifte Van Nu en Straks (tweede reeks, 1896-1901) en Vlaanderen (1903-1907). Hy het in 1906 sekretaris van die redaksie van Vlaanderen geword. Van 1925 tot sy afsterwe in 1929 het hy gewoon in Zwijnaarde naby Gent. Hy is begrawe in die begraafplaas van Campo Santo in Gent.