Karel Lucien Bonaparte | |
---|---|
Karel Lucien Bonaparte in 1849 | |
Gebore | Karel Lucien Julius Laurens (Jules Laurent Lucien) Bonaparte 24 Mei 1803 |
Sterf | 29 Julie 1857 |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Ornitoloog, politikus |
Bekend vir | Neef van keiser Napoleon I |
Karel Lucien Bonaparte (ook Karel Luciaan, in Frans, Charles, maar Carlo genoem) (Parys, 24 Mei 1803 – aldaar, 29 Julie 1857) was die 2de vors van Canino en Musignano, asook 'n Franse ornitoloog en politikus. Hy was 'n seun van Lucien Bonaparte (1775–1840) en Alexandrine de Bleschamp (1778–1855). Lucien was 'n jonger broer van keiser Napoleon Bonaparte (1769–1821), Karel Lucien was dus sy neef.