Karpaletonnelsindroom | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | G56.0 | |
ICD-9 | 354.0 | |
OMIM | 115430 | |
DiseasesDB | 2156 | |
MedlinePlus | 000433 | |
eMedicine | orthoped/455pmr/21 emerg/83 radio/135 | |
MeSH | D002349 | |
![]() |
Karpaletonnelsindroom is 'n mediese toestand waar die middelste senuwee (nervus medianus) in die pols vasgeknyp word.[1][2][3] Hierdie senuwee loop vanaf die voorarm deur 'n opening in die handwortel na die palm. Hierdie opening word die karpale tonnel genoem. Karpaletonnelsindroom tree in wanneer die weefsel in en om die karpale tonnel geswel is.
Die simptome is dikwels uiteenlopend en toon oorvleueling met ander afwykings. As gevolg hiervan kan 'n diagnose dikwels nie na gelang van die simptome alleen gemaak word nie. Elektromiografie (EMG) van die betrokke spiere is nodig om karpaletonnelsindroom te bevestig.
Nadat daar vasgestel is dat die senuwee wel vasgeknyp is, kan daar chirurgies ingegryp word om die druk op die senuwee te verlig. Karpaletonnelsindroom is een van die meer algemene neurologiese versteurings in die bevolking. Dit kom meer algemeen by vroue as by mans voor.