Kassiopeia | ||||
![]() | ||||
Latynse naam | Cassiopeia | |||
Genitief | Cassiopeiae | |||
Afkorting | Cas | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 1h | |||
Deklinasie | -60º | |||
Grootte | 598 vk. grade (25ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Alpha Cassiopeiae (Schedar) | |||
Naaste ster | Eta Cassiopeiae (Achird) | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 4 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 53 | |||
Simboliek | Koningin Kassiopeia (Griekse mitologie) | |||
Meteoorreëns | Perseids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Kameelperd, Kefeus, Akkedis, Andromeda, Perseus | ||||
|
Kassiopeia is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat genoem is na die ydel koningin met dieselfde naam in die Griekse mitologie. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit kan maklik uitgeken word aan sy W-patroon wat deur vyf helder sterre gevorm word.